Vision
Effective teaching and care of deaf and hearing impaired students

Mission
To equip deaf and hearing impaired students with knowledge, skills and values which they need to live full lives as responsible citizens.

Our School

Personnel

 

Personnel Organogram

Die Sirkel van Durf - `n Herstellende benadering

Sedert die afskaffing van tradisionele strafmetodes (Wet 84 van 1996) voel baie onderwysers en ouers magteloos wanneer leerders gedragsprobleme toon. Dit is nodig om te skuif na `n herstellende klimaat waar jongmense bemagtig word:

Dit word gedoen deur `n positiewe omgewing te skep wat positiewe gedrag aanmoedig. Daar moet gefokus word op: Die Sirkel van Durf as opvoedingsfilosofie is węreldwyd nagevors en word ook deur die WKOD (Wes-Kaapse Onderwysdepartement) onderskryf. Dit word gebaseer op universele waardes en om kinders te koester in `n klimaat van respek en waardigheid. Dit vorm die basis sodat kinders selfwaarde kan ontwikkel.
  1. Eerstens , is daar die behoefte aan “Belonging” : om te behoort aan. As hierdie behoefte vervul is, sal die kind ervaar: “Ek is vir iemand belangrik. Ek word gerespekteer en waardig geag”. As hierdie behoefte onvervuld is, voel kinders desperaat en angstig.
  2. Tweedens moet geleenthede geskep word vir “Mastery”: Bemeestering. Toegerus met vaardighede voel die kind : “Ek kan!. Ek kan probleme oplos en ek kan iets goed doen .” Hy is gemotiveerd om verder te presteer.
  3. Derdens moet onafhanklikheid (“Independence”) aangemoedig word. Dit is `n gevoel van innerlike beheer en onafhanklikheid; `n ervaring van bemagtiging. Kinders moet ervaar dat hulle kan deelneem aan besluite wat hulle lewens beďnvloed. “Ek is in beheer van my lewe”. Dan kan kinders leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul besluite; vir suksese of mislukkings.
  4. Uiteindelik moet kinders ook uitdrukking gee aan medemenslikheid: “Generosity”. Dit gee aan hulle `n sin vir die lewe, `n gees van diensbaarheid en om-gee vir ander. “Ek het iets waardevols wat ek met ander kan deel”. Kinders wat nie leer om altruďsties te wees nie, kan verval in n leefstyl van selfliefde, gejaag na plesier, sinloosheid en `n gebrek aan empatie.
Kinders word beďnvloed deur faktore soos:
• Vernietigende verhoudings.
• Mislukkings.
• Doelloosheid.
• Aangeleerde onverantwoordelikheid.
• Versteurde ontwikkeling.
• Konflik en wanhoopgevoelens.
• Vals bravade en uitdagende gedrag.
Die sirkel van moed word verbreek en ons praat van “Die Sirkel van Ontmoediging”. Hierdie sirkel KAN herstel word deur die behoeftes van kinders aan te spreek, eerder as deur te straf en in te perk.